Leviticus 7:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die siel wat aan alles wat onrein is, aanraak soos die onreinheid van die mens, of enige onrein dier of enige afskuwelike onrein ding, en eet van die vleis van die dankoffer wat aan die HERE behoort, dié siel moet afgesny van sy volk.
Afrikaans (NLV) 2011 As iemand aan iets raak wat onrein is, of dit nou iets onreins aan ’n mens of van ’n onrein dier is, en so ’n persoon eet vleis van offers vir die Here, moet so iemand uit die gemeenskap verwyder word.”
Afrikaans 1933/1953 En as iemand aan iets onreins raak, aan die onreinheid van 'n mens of aan 'n onrein dier of aan enige onrein verfoeisel, en dan eet van die vleis van die dankoffer wat die HERE toekom, die siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
Afrikaans 1983 As iemand aan iets onreins van 'n mens of van 'n dier raak, aan enigiets wat afstootlik en onrein is, en so iemand eet van die maaltydoffervleis wat aan die Here behoort, moet dié persoon van sy volksgenote afgesny word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer iemand aan iets raak wat onrein is, of dit nou die onreinheid van 'n mens of 'n onrein dier is, of enigiets onreins wat afstootlik is, en hy eet van die vleis van die maaltydoffer wat aan die Here behoort, sal daardie persoon van sy mense afgesny word.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Iemand raak miskien aan iets wat onrein is, dit is miskien 'n mens of 'n dier wat onrein is, of iets anders wat die Here haat. As die persoon dan van die vleis eet wat aan die Here behoort, die vleis van die ete-offer, dan moet julle hom afsny van sy volk.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Iemand wat aan enigiets gevat het wat die Here as vuil beskou, of dit ’n mens of ’n dier is, en dan van die vleis van die altaar eet wat as ’n offer vir die Here gebring is, moet uit die gemeenskap verstoot word.”