Leviticus 7:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die siel wat eet van die vleis van die dankoffer wat aan die HERE behoort, met sy onreinheid op hom, dié siel moet uit sy volk uitgeroei word.
Afrikaans (NLV) 2011 Iemand wat onrein is, maar wat vleis van ’n maaltydoffer vir die Here geëet het, moet uit die gemeenskap verwyder word.
Afrikaans 1933/1953 Maar die een wat vleis eet van die dankoffer wat die HERE toekom, terwyl sy onreinheid aan hom is, die siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
Afrikaans 1983 maar die persoon wat terwyl hy onrein is, eet van die maaltydoffervleis wat aan die Here behoort, moet van sy volksgenote afgesny word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Iemand wat, terwyl hy onrein is, die vleis eet van die maaltydoffer wat aan die Here behoort, sal van sy mense afgesny word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As iemand onrein is en hy eet saam by die offer-ete, dan moet julle hom afsny van sy volk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Elkeen wat nie aan die Here behoort nie en van die vleis van die altaar eet wat as ’n offer vir die Here gebring is, moet uit die volk weggejaag word.