Leviticus 7:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Op die plek waar hulle die brandoffer slag, moet hulle die skuldoffer slag; en die bloed daarvan moet hy rondom op die altaar sprinkel.
Afrikaans (NLV) 2011 Die dier wat geoffer word as ’n skuldoffer, moet geslag word waar die brandoffers geslag word. Die bloed moet teen die kante van die altaar gesprinkel word.
Afrikaans 1933/1953 Op die plek waar hulle die brandoffer slag, moet hulle die skuldoffer slag, en hy moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.
Afrikaans 1983 die skuldofferdier word geslag op dieselfde plek as die brandoffer en sy bloed word rondom teen die altaar gesprinkel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op die plek waar die •brandoffer keelaf gesny word, moet die hersteloffer ook keelaf gesny word en die priester moet die bloed reg rondom teen die altaar sprinkel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle moet die dier wat die skuld-offer moet wees, slag op dieselfde plek waar hulle die diere vir die brand-offer slag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die dienaars by die tent moet hierdie offer op presies dieselfde plek slag waar hulle ook die offers slag wat verbrand word. Die bloed word reg rondom teen die altaar gespat.