Leviticus 7:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die vleis wat aan iets onreins raak, mag nie geëet word nie; dit moet met vuur verbrand word, en wat die vleis betref, almal wat rein is, moet daarvan eet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Vleis wat aan enigiets wat onrein is, geraak het, mag nie geëet word nie, dit moet heeltemal verbrand word. Vleis wat geëet mag word, mag net geëet word deur iemand wat rein is. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die vleis wat aan iets onreins raak, mag nie geëet word nie; met vuur moet dit verbrand word. Maar wat verder die vleis betref elkeen wat rein is, mag vleis eet. |
| Afrikaans 1983 | “Vleis wat geraak het aan enigiets wat onrein is, mag nie geëet word nie; dit moet verbrand word. “Iemand wat rein is, mag offervleis eet, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vleis wat raak aan enigiets wat onrein is, mag nie geëet word nie. Met vuur moet dit verbrand word. “ ‘Wat die offervleis betref: Enigiemand wat rein is, mag daarvan eet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Niemand mag vleis eet wat geraak het aan iets wat onrein is nie, hulle moet die vleis verbrand. Iemand wat rein is, mag vleis eet wat rein is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vleis wat in aanraking kom met enigiets anders wat as onwenslik en vuil beskou word, mag nie geëet word nie. Dit moet met vuur verbrand word. Elkeen wat aan die Here se voorskrifte voldoen en aan Hom toegewyd is, mag van die vleis van die offer eet. |