Leviticus 7:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as die offer van sy offer 'n gelofte of 'n vrywillige offer is, moet dit geëet word op dieselfde dag as wat hy sy offer bring; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As jy egter ’n offer bring om ’n gelofte na te kom, of as jy ’n vrywillige offer bring, moet die vleis op dieselfde dag geëet word. Vleis wat oorbly, mag wel ook op die volgende dag geëet word. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as die offer wat hy bring, 'n gelofte of vrywillige offer is, moet dit geëet word op die dag as hy sy offer bring; en op die volgende dag, dan kan geëet word wat daarvan oorbly. |
| Afrikaans 1983 | “As iemand 'n offer aanbied om 'n gelofte na te kom of as hy 'n ander vrywillige offer aanbied, word die vleis dieselfde dag geëet. Wat oorbly, mag ook nog die volgende dag geëet word, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘As sy offergawe 'n slagoffer is, ná 'n gelofte of vrywillig, moet dit op dieselfde dag wat hy sy offer bring, geëet word. Wat daarvan oorbly tot die volgende dag, mag ook nog geëet word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As hy offer omdat hy 'n gelofte gemaak het of omdat hy self besluit het om 'n offer te bring, dan eet hulle die vleis op die dag wanneer hy die offer bring, maar as daar vleis oorbly, dan mag hulle dit die volgende dag eet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As iemand ’n offer vir die Here bring om ’n belofte na te kom, of sommer net vrywillig iets vir die Here offer, moet dit nog dieselfde dag geëet word. As daar wel iets oorbly, mag dit egter nog op die volgende dag geëet word. |