Leviticus 7:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die vleis van die dankoffer van sy dankoffer moet geëet word op dieselfde dag as wat dit gebring word; hy mag niks daarvan laat tot die môre toe nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die vleis van die offerdier moet op dieselfde dag as wat dit geslag is, geëet word. Niks mag oorbly tot die volgende oggend toe nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die vleis van sy lofdankoffer moet geëet word op die dag as hy dit bring; daarvan mag hy niks tot die môre laat lê nie. |
| Afrikaans 1983 | “Die vleis van die maaltydoffer waarmee iemand sy dank wil uitspreek, word geëet op die dag van die offer. Dit mag nie oorstaan tot die volgende môre nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die vleis van sy maaltydoffer wat iemand uit dankbaarheid bring, moet op die dag van sy offer geëet word. Niks daarvan mag oorbly tot die volgende oggend nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die persoon wat die offer bring en sy mense moet die vleis vir die dank-offer, die ete-offer, op-eet op die dag wanneer hy dit bring. Daar mag niks oorbly tot die volgende dag nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die vleis van die offer waarmee iemand kom dankie sê, moet op dieselfde dag waarop die offer gebring word, opgeëet word. Daar mag niks daarvan oorbly tot die volgende oggend nie. |