Leviticus 7:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daarvan moet hy een uit die hele spysoffer as hefoffer aan die HERE berei, en dit moet aan die priester behoort wat die bloed van die dankoffers sprinkel.
Afrikaans (NLV) 2011 Een van elke soort brood moet as ’n gawe vir die Here gegee word. Hierdie brood sal dan aan die priester behoort wat die altaar met die bloed van die offerdier besprinkel het.
Afrikaans 1933/1953 En hy moet daarvan, een koek van elke gawe, as offergawe aan die HERE bring; aan die priester wat die bloed van die dankoffer uitgooi, aan hom kom dit toe.
Afrikaans 1983 Hy bied een brood uit elk van hierdie offers aan as 'n spesiale gawe aan die Here. Die priester wat die bloed van die maaltydoffers sprinkel, kry die brood.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Van elke soort brood van die offer moet hy een aanbied as 'n •wydingsgeskenk aan die Here. Dit is bedoel vir die priester wat die bloed van die maaltydoffer sprinkel; dit kom hom toe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy moet 'n deel van alles wat hy offer, vir die Here present gee. Die priester wat die bloed van die ete-offers sprinkel, moet dit kry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy vat van elkeen van hierdie verskillende soorte brood en bied dit vir die Here as ’n buitengewone offer aan. Die dienaar wat dit na die altaar vat, mag self ook daarvan eet.