Leviticus 7:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As hy dit as dankoffer bring, moet hy saam met die lofoffer ongesuurde koeke gemeng met olie en ongesuurde platkoeke wat met olie gesalf is, en koeke gemeng met olie, fyn meel, gebraai.
Afrikaans (NLV) 2011 As jy ’n maaltydoffer as ’n dankoffer bring, moet die gebruiklike offerdiere saam met verskillende soorte brood sonder enige suurdeeg gebring word. Dit moet in olyfolie gedoop word. Dit kan ringbrood, of dun broodjies of roosterkoeke wees.
Afrikaans 1933/1953 Ingeval hy dit as lofoffer bring, moet hy by die lofoffer bring: ongesuurde koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk en fynmeel wat as koeke deurmekaargeroer is, met olie gemeng;
Afrikaans 1983 as iemand dit aanbied as dankoffer, bied hy saam met die dankoffer ongesuurde ringbrood aan, met olie geknie, of ongesuurde roosterkoek met olie gesmeer, of 'n deegmengsel vir ringbrood, met olie geknie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As iemand dit uit dankbaarheid bring, moet hy saam met die •dankoffer ongesuurde brood aanbied: ringbrode, klam gemaak met olyfolie, platbrode, gesmeer met olyfolie, en gesifte meel, klam gemaak met olyfolie en deurgeknie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As hy offer om vir die Here dankie te sê, dan moet hy saam met die dank-offer ook ongesuurde rondebrood van meel offer. Hy moet dit meng met olyf-olie, ongesuurde roosterkoek waarop hy olyf-olie gesmeer het, en rondebrood van die beste meel wat hy gemeng het met olyf-olie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “As iemand hierdie offer bring om vir die Here dankie te sê, bring hy saam met die offer ook brood waarin daar nie suurdeeg is nie en wat in olie gebak is, of beskuitjies sonder suurdeeg wat in olie gedoop is, of ’n roosterkoek wat in olie geweek is.