Leviticus 6:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gee bevel aan Aäron en sy seuns en sê: Dit is die wet van die brandoffer: Dit is die brandoffer vanweë die brand op die altaar die hele nag tot die môre toe, en die vuur van die altaar moet daarop brand. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Gee vir Aäron en sy seuns die volgende instruksies oor die brandoffer. Die brandoffer moet op die altaar bly tot die volgende môre. Die altaarvuur moet die hele nag deur bly brand. |
| Afrikaans 1933/1953 | Gee bevel aan Aäron en sy seuns en sê: Dit is die wet van die brandoffer: Dit, die brandoffer, moet op sy vuurherd op die altaar die hele nag lank tot die môre toe bly, en die altaarvuur moet daardeur aan die brand gehou word. |
| Afrikaans 1983 | “Gee aan Aäron en sy seuns die volgende opdrag: Die reëling oor die brandoffer is soos volg, die brandoffer naamlik wat die hele nag deur tot die môre toe op die vuurmaakplek op die altaar is terwyl die vuur aan die brand gehou word: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Gee vir Aäron en sy seuns die volgende opdrag, ‘Dit is die voorskrifte vir die •brandoffer: Die brandoffer moet dwarsdeur die nag tot die volgende oggend op die vuurmaakplek op die altaar bly. Die altaar se vuur moet in die vuurmaakplek op die altaar aan die brand gehou word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy moet vir Aäron en sy seuns sê wat hulle met die brand-offer moet doen. Die brand-offer moet die hele nag deur op die vuurmaakplek op die altaar bly tot die volgende oggend. Die vuur moet aanhou brand. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | *** |