Leviticus 6:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die priester moet vir hom versoening doen voor die aangesig van die HERE, en dit sal hom vergewe word vir enigiets van alles wat hy deur oortreding daarteen gedoen het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die priester sal dan voor die Here versoening bewerk en so sal hy vergewe word.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan moet die priester vir hom versoening doen voor die aangesig van die HERE, en dit sal hom vergewe word enigiets wat 'n mens doen, sodat hy daardeur skuldig word. |
| Afrikaans 1983 | en die priester doen voor die Here versoening vir die skuldige, en sy sonde word hom vergewe, hoe hy hom ook al skuldig gemaak het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die priester moet vir hom versoening doen voor die Here en hy sal vergewe word vir enige van hierdie dinge wat hy gedoen en skuldig geword het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priester moet dan vir hom versoening doen, en die Here sal hom alles vergewe wat hy verkeerd gedoen het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die dienaar sal daarmee sy skuld by die Here betaal. Alles wat hy verkeerd gedoen het en waardeur hy skuldig geword het, sal hom dan vergewe word.” |