Leviticus 6:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En geen sondoffer waarvan van die bloed in die tent van samekoms gebring word om in die heiligdom daarmee te versoen, mag geëet word nie; dit moet met vuur verbrand word.
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer die bloed van die sonde-offer in die tent van ontmoeting ingebring word om daarmee versoening te bewerk in die heiligdom, mag niks van die offerdier se vleis geëet word nie. Dit moet heeltemal verbrand word.”
Afrikaans 1933/1953 Maar elke sondoffer waarvan 'n deel van die bloed in die tent van samekoms gebring word, om in die heiligdom versoening te doen, mag nie geëet word nie; dit moet met vuur verbrand word.
Afrikaans 1983 'n Sondeofferdier waarvan bloed in die tent van ontmoeting gebring word om daarmee in die heiligdom versoening te doen, word egter nie geëet nie. Dit word verbrand.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar geen reinigingsoffer mag geëet word as van die bloed daarvan in die Tent van Ontmoeting ingeneem word om in die heiligdom versoening te doen nie. Dit moet met vuur verbrand word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar wanneer julle die bloed van 'n sonde-offer in die tent bring waar die Here aan die Israeliete verskyn, en julle gebruik daardie bloed om versoening te doen in die tempel, dan mag julle nie die vleis eet nie, julle moet dit verbrand.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Niemand mag verder van die vleis van die dier eet as dit eers een maal in die tent van ontmoeting ingebring is om te vergoed vir die oortreding wat begaan is nie. Dit moet heeltemal met vuur verbrand word.”