Leviticus 6:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) of het gevind wat verlore was, en daaroor lieg en vals sweer; in al hierdie dinge wat 'n mens doen deur daarin te sondig:
Afrikaans (NLV) 2011 Of sê nou maar iemand vind ’n verlore item en lieg daaroor, of iemand ontken iets onder eed, of hy sondig deur iets soortgelyks te doen.
Afrikaans 1933/1953 of dat hy iets gekry het wat weg was, en dit ontken; of dat hy vals sweer ten opsigte van enigiets wat 'n mens kan doen om hom daarmee te besondig
Afrikaans 1983 Of hy kry dalk iets wat weggeraak het, maar ontken dit en lê 'n vals eed af oor enige saak waarin 'n mens in dié opsig sou kon sondig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) of wanneer hy verlore goedere gevind het, dit ontken en vals sweer oor enige van die dinge wat mense gewoonlik doen en daardeur sondig,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) of wanneer iets van 'n ander Israeliet weggeraak het, en hy kry dit, maar hy sê nie hy het dit gekry nie. Hy sê die Here is die getuie, maar hy lieg. Wanneer iemand een van hierdie dinge doen, dan het hy sonde gedoen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Of hy tel iets op wat iemand verloor het en steek dit weg. Of hy jok oor iets wat ’n mens gedoen het en toe oortree het.