Leviticus 6:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die erdekruik waarin dit geweek is, moet stukkend geslaan word; en as dit in 'n koperpot geweek word, moet dit geskuur en met water afgespoel word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As ’n kleipot gebruik word om die offervleis in te kook, moet dit daarna gebreek word. As ’n bronspot gebruik word, moet dit weer geskuur en goed met water uitgespoel word. |
| Afrikaans 1933/1953 | En 'n erdepot waar dit in gekook is, moet stukkend gebreek word; maar as dit in 'n koperpot gekook is, moet dit geskuur en met water afgespoel word. |
| Afrikaans 1983 | Die kleipot waarin die vleis gekook is, word gebreek, en as dit in 'n bronspot gekook is, moet die pot geskuur en met water afgespoel word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die kleipot waarin die offer gekook is, moet gebreek word, maar as dit in 'n koperpot gekook is, moet dit geskuur en met water gewas word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As jy die vleis gekook het in 'n kleipot, dan moet jy die pot breek. As jy dit in 'n brons pot gekook het, dan moet jy die pot skuur en was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As die vleis van die offer in ’n kleipot gaargemaak word, moet die pot daarna stukkend gebreek word. As dit in ’n koperpot gekook word, moet die pot daarna uitgeskuur word en met water uitgespoel word. |