Leviticus 6:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Alles wat aan die vleis daarvan raak, moet heilig wees; en as daar van die bloed daarvan op enige kledingstuk gesprinkel word, moet jy dit was waarop dit in die heiligdom gesprinkel is.
Afrikaans (NLV) 2011 Wie of wat ook al aan die offervleis raak, moet geheilig wees. As daar van die offerbloed op iemand se klere spat, moet dit op ’n heilige plek uitgewas word.
Afrikaans 1933/1953 Alles wat aan die vleis daarvan raak, word heilig; en as daar van die bloed op 'n kledingstuk spat, moet jy die stuk waar dit op spat, op 'n heilige plek was.
Afrikaans 1983 Elkeen wat aan die vleis raak, moet 'n gewyde wees. As daar van die bloed op iemand se klere spat, moet die deel waarop die bloed gespat het, in die gewyde plek gewas word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Alles wat aan die offervleis raak, is heilig. As van die bloed daarvan op 'n kledingstuk spat, moet jy die kledingstuk waarop dit gespat het, in 'n rein plek afspoel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Elkeen wat aan die dier se vleis raak, word gewyd. Wanneer van die dier se bloed op iemand se klere spat, dan moet jy die klere op 'n gewyde plek was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Elkeen wat met die vleis van die offer werk, moet in diens van die Here staan. As daar miskien van die offer se bloed op iemand se klere spat, moet hy die klere daar by die tent met water was.