Leviticus 6:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die priester wat dit vir sonde offer, moet dit eet; in die heiligdom moet dit geëet word, in die voorhof van die tent van samekoms. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die priester wat die offer bring, mag sy deel op ’n heilige plek in die voorhof van die tent van ontmoeting eet. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die priester wat dit as sondoffer bring, moet dit eet; op 'n heilige plek moet dit geëet word, in die voorhof van die tent van samekoms. |
| Afrikaans 1983 | Die priester wat die sondeoffer hanteer, eet dit. Hy eet dit op die gewyde plek, in die voorhof van die tent van ontmoeting. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die priester wat die reinigingsoffer hanteer, moet dit eet; op 'n heilige plek, in die voorhof van die Tent van Ontmoeting, moet dit geëet word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priester wat die dier offer om 'n sonde-offer te wees, moet die vleis eet op 'n gewyde plek, op die oop stuk grond by die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die dienaar wat die offer vir die sonde bring, mag wel daarvan eet. Hy moet dit in die binnehof van die tent van ontmoeting eet. |