Leviticus 6:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Spreek met Aäron en sy seuns en sê: Dit is die wet van die sondoffer: Op die plek waar die brandoffer geslag word, moet die sondoffer voor die aangesig van die HERE geslag word: dit is hoogheilig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Gee vir Aäron en sy seuns verdere instruksies oor die sonde-offer. Die dier wat as sonde-offer gegee word, is besonder heilig en moet in die teenwoordigheid van die Here geslag word op die plek waar die brandoffers geslag word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Spreek met Aäron en sy seuns en sê: Dit is die wet van die sondoffer: Op die plek waar die brandoffer geslag word, moet die sondoffer voor die aangesig van die HERE geslag word. Dit is hoogheilig. |
| Afrikaans 1983 | “Sê vir Aäron en sy seuns: Die reëling vir die sondeoffer is soos volg: die sondeofferdier word in die teenwoordigheid van die Here geslag op dieselfde plek as die brandofferdier. Dit is 'n besondere gewyde gawe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Praat met Aäron en sy seuns en sê, ‘Dit is die voorskrifte vir die reinigingsoffer: Op die plek waar die brandoffer voor die Here keelaf gesny word, moet die reinigingsoffer ook keelaf gesny word. Dit is besonder heilig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy moet vir Aäron en sy seuns sê wat hulle met die sonde-offer moet doen. Hulle moet die dier wat die sonde-offer moet wees, voor die Here slag op dieselfde plek waar hulle die diere vir die brand-offer slag. Die sonde-offer is hoog-gewyd. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | dat hy die volgende aanwysings vir Aäron en sy seuns moet gee vir offers wat vir oortredings gebring word: “Die offer vir oortredings moet op dieselfde plek gebring word waar die offers geslag en vir die Here verbrand word. Dit is spesiale offers wat net vir die Here gegee word. |