Leviticus 6:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want elke spysoffer vir die priester moet in sy geheel verbrand word; dit mag nie geëet word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Elke graanoffer van die priester moet heeltemal verbrand word. Niks van die meel mag geëet word nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | So moet dan elke spysoffer van 'n priester 'n voloffer wees; dit mag nie geëet word nie. |
| Afrikaans 1983 | Elke graanoffer van dié priester word heeltemal verbrand. Dit word nie geëet nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Elke graanoffer van 'n priester moet 'n volledige offer wees; dit mag nie geëet word nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elke koring-offer van 'n priester moet heeltemal verbrand word. Hulle mag dit nie eet nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Elke offer uit die graan wat die dienaar vir die Here bring, moet heeltemal verbrand word. Daar mag ook niks daarvan geëet word nie.” |