Leviticus 6:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die priester van sy seuns wat in sy plek gesalf is, moet dit berei. Dit is 'n ewige insetting vir die HERE; dit moet heeltemal verbrand word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Soos wat die seuns hulle vaders as hoëpriesters opvolg, moet hulle in hulle amp bevestig word deur hierdie offer te bring op die dag waarop hulle gesalf word. Dit is die Here se deel en moet heeltemal verbrand word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook moet die priester wat uit sy seuns in sy plek gesalf word, dit berei, as 'n ewige insetting. Dit moet geheel en al vir die HERE aan die brand gesteek word. |
| Afrikaans 1983 | Die gesalfde priester wat uit die seuns van Aäron in sy plek gekom het, doen dit. Dit is 'n vaste instelling vir die Here. Die offer word heeltemal verbrand. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die priester uit die nageslag van Aäron wat in sy plek gesalf is, moet dit voorberei. Dit is die deel wat die Here altyd moet kry. Met vuur moet dit verbrand word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet 'n priester van die nageslag van Aäron salf om hoëpriester te wees. Hy moet altyd die koring-offer offer. Die offer behoort aan die Here, dit moet heeltemal verbrand word. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Aäron se seuns wat na hom aangestel word, moet dieselfde offers bring. Die Here het dit vasgestel en dit mag nie verander word nie. Die offer moet heeltemal verbrand word. |