Leviticus 6:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In 'n pan moet dit met olie gemaak word; en as dit gebak is, moet jy dit inbring; en die gebakte stukke van die spysoffer moet jy as lieflike geur aan die HERE berei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit moet met olyfolie op ’n plaat gebraai word en dit moet in stukkies gebreek word. Dit is die graanoffer wat jy moet bring. Dit sal aangenaam vir die Here wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit moet op 'n plaat met olie berei word; deurmekaargeroer moet jy dit bring; in gebakte brokkies moet jy die spysoffer bring as lieflike geur vir die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Die offergawe word met olie aangemaak op 'n bakplaat en die mengsel word as graanoffer in stukkies aangebied. Dit is aanvaarbaar vir die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit moet op 'n bakplaat voorberei word, deurgeknie met olyfolie. Jy moet dit in gebreekte stukkies as 'n graanoffer naderbring. Jy moet dit aanbied as 'n geurige offer, 'n offergawe aan die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy moet die meel met olyf-olie meng en hy moet dit op 'n bakplaat bak. Dan moet hy die brood in stukkies breek en hy moet dit vir die Here gee. Dit is 'n koring-offer wat lekker ruik vir die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit moet met olie gemeng word, daarna op ’n plaat gebak en dan in krummels gebreek word. Dit is die soort offer waarvan die Here baie hou. |