Leviticus 6:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As 'n siel sondig en 'n oortreding teen die HERE pleeg en vir sy naaste lieg in wat aan hom oorgegee is om te bewaar, of in gemeenskap, of in iets wat met geweld weggeneem is, of sy naaste bedrieg het; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Sê nou maar iemand sondig teen die Here deur valslik vir sy buurman te vertel dat iets wat aan hom toevertrou is, verlore geraak het of gesteel is. Of sê nou maar iemand was oneerlik met iets wat in veilige bewaring vir hom gegee is, of hy het iets gevat deur dit te steel of af te pers. |
| Afrikaans 1933/1953 | As iemand sondig en ontrou handel teen die HERE deurdat hy teenoor sy naaste ontken dat iets aan hom toevertrou of as pand gegee is of deur hom geroof is, of dat hy sy naaste iets afgepers het, |
| Afrikaans 1983 | “Dit kan gebeur dat iemand sondig en troueloos handel teen die Here deurdat hy sy volksgenoot bedrieg met iets wat in sy bewaring gegee of aan hom geleen is, of sy volksgenoot beroof of hom te kort doen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Wanneer iemand sondig en teen die Here oortree deurdat hy teenoor 'n volksgenoot ontken dat iets aan hom in bewaring gegee of aan hom toevertrou is, of dat hy sy volksgenoot beroof of afgepers het, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Wanneer iemand vir 'n ander Israeliet iets gegee het om vir hom te bêre of wanneer hy dit vir hom geleen het, en die ander Israeliet sê hy het dit nie, dan doen hy sonde en hy is ontrou aan die Here. Hy doen ook sonde wanneer hy 'n ander Israeliet se goed vir homself vat, of wanneer hy die ander Israeliet slaan en seermaak en sy goed vat, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Iemand maak ’n fout en is ontrou aan die Here wanneer hy ontken as iemand anders iets vir hom gegee het om op te pas. Hy kan ook iemand anders uitbuit en in werklikheid van hom steel. |