Leviticus 6:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Al die manspersone onder die kinders van Aäron moet daarvan eet. Dit moet 'n ewige insetting wees in julle geslagte aangaande die vuuroffers van die HERE; elkeen wat daaraan raak, moet heilig wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Enigeen van Aäron se manlike afstammelinge mag in elke geslag van die graanoffer eet. Dit is ’n vaste instelling. Dit is vir altyd hulle deel van die vuuroffers wat aan die Here gegee word. Wie of wat ook al aan hierdie kos raak moet geheilig wees.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Almal wat manlik is onder die seuns van Aäron, mag dit eet. Dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte uit die vuuroffers van die HERE. Alles wat daaraan raak, word heilig. |
| Afrikaans 1983 | Enige van die manlike nasate van Aäron mag daarvan eet. Dit is 'n vaste instelling vir julle nageslag met betrekking tot die vuuroffers van die Here. Elkeen wat daaraan raak, moet 'n gewyde wees.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Enige manlike nasaat van Aäron mag dit eet. Dit is die deel uit die offergawes vir die Here wat julle nageslag altyd moet kry. Alles wat daarmee in aanraking kom, is heilig.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elke man en seun van die nageslag van Aäron mag hierdie brood eet, hy en sy nageslag. Dit kom uit die vuur-offers vir die Here. Alles wat daaraan raak, word gewyd.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al die mans uit Aäron se familie wat by die tent werk, mag daarvan eet. Dit is ’n reël oor die offers wat vir die Here met vuur verbrand word wat nooit mag verander oor al die geslagte wat kom en gaan nie. Elke persoon wat van hierdie offers eet, moet aan die diens van die Here toegewy wees.” |