Leviticus 6:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En wat daarvan oorbly, moet Aäron en sy seuns eet; saam met ongesuurde brode moet dit in die heiligdom geëet word; in die voorhof van die tent van samekoms moet hulle dit eet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nadat hierdie deel van die meel verbrand is, kan Aäron en sy seuns die res van die meel gebruik. Dit moet egter sonder suurdeeg gebak word en op ’n heilige plek in die voorhof van die tent van ontmoeting geëet word. |
| Afrikaans 1933/1953 | En wat daarvan oorbly, moet Aäron en sy seuns eet; ongesuurd moet dit geëet word op 'n heilige plek; in die voorhof van die tent van samekoms moet hulle dit eet. |
| Afrikaans 1983 | Aäron en sy seuns eet die oorblywende deel. Daar kom nie suurdeeg by nie. Hulle eet dit op die gewyde plek, in die voorhof van die tent van ontmoeting. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wat daarvan oorbly, mag Aäron en sy seuns eet. Dit moet ongesuurd wees en op 'n heilige plek geëet word; in die voorhof van die Tent van Ontmoeting moet hulle dit eet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Aäron en sy seuns moet die meel eet wat oorbly. Hulle moet ongesuurde brood daarvan bak en hulle moet dit op 'n gewyde plek eet, op die oop stuk grond by die tempel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die deel van die offer wat dan oorbly, mag Aäron en sy seuns eet. Daar mag nie enige suurdeeg daarby kom nie. Dit word geëet daar by die voorhof van die tent waar die Here sy volk ontmoet. |