Leviticus 6:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy moet sy handvol daarvan neem, van die meel van die spysoffer en van die olie daarvan, en al die wierook wat op die spysoffer is, en hy moet dit op die altaar aan die brand steek as lieflike geur, naamlik die gedenkteken van dit, aan die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Die diensdoende priester sal ’n hand vol meel vat, met olyfolie meng en dit sprinkel met wierook. Hy sal ’n verteenwoordigende deel hiervan op die altaar verbrand. Dit sal baie aangenaam vir die Here wees.
Afrikaans 1933/1953 en een moet daarvan 'n handvol neem, van die spysoffer se fynmeel met die olie, en al die wierook wat op die spysoffer is, en hy moet op die altaar die gedenkoffer daarvan aan die brand steek as lieflike geur vir die HERE.
Afrikaans 1983 Hy vat daaruit 'n handvol meel en olie en al die wierook bo-op die graanoffer en verbrand dit op die altaar. Die simbool van die hele offer word aanvaar deur die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Een van hulle moet 'n handvol van die graanoffer se gesifte meel en olie neem, asook al die wierook wat op die graanoffer lê. Hy moet die simboliese offer vir die Here op die altaar verbrand as 'n aangename geur.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en hy moet 'n handvol van die meel en die olyf-olie neem en ook al die wierook wat bo-op die koring-offer is. Dan moet hy dit verbrand. Die handvol meel is die teken van die hele offer. Dit ruik lekker vir die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die werker by die tent van ontmoeting vat ’n hand vol van die gemaalde graan saam met die olie en die geurige wierookstokkies wat daarop is. Hy verbrand alles op die altaar as die deel wat die hele offer verteenwoordig. Dit is ’n offer waarvan die Here baie hou.