Leviticus 6:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die priester moet sy linnekleed aantrek en sy linnebroeke moet hy oor sy vlees aantrek, en die as wat die vuur saam met die brandoffer op die altaar verteer het, opneem en dit langs die altaar neersit.
Afrikaans (NLV) 2011 Die volgende môre moet die priester sy spesiale linneklere aantrek. Die diensdoende priester moet dan die as van die brandoffer wegneem en dit langs die altaar neersit.
Afrikaans 1933/1953 En die priester moet sy linnekleed aantrek, en die linnebroek moet hy oor sy vlees aantrek; dan moet hy die as wegneem waartoe die vuur die brandoffer op die altaar verteer het, en dit langs die altaar uitgooi.
Afrikaans 1983 die priester trek sy linnekleed en linnebroek aan, en tel die vet op wat uitgebraai het toe die vuur die brandoffer op die altaar verteer het, en sit dit langs die altaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die priester moet sy linnekleed aantrek en ook 'n linnebroek oor sy onderlyf aanhê. Hy moet die vetterige as van die brandoffer wat deur die vuur op die altaar verteer is, opskep en dit langs die altaar neersit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die volgende oggend moet die priester sy linne-klere en sy linne-broek aantrek. Hy moet die vet optel wat oorgebly het toe die brand-offer op die altaar gebrand het, en hy moet die vet langs die altaar sit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die amptenaar by die tent trek sy spesiale linnehemp en linnebroek wat daarby pas, aan. Hy vat dan die vet weg wat in die vuur uit die brandoffer uitgebraai het. Hy sit dit langs die offerplek op die grond neer.