Leviticus 5:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy moet van die bloed van die sondoffer teen die kant van die altaar sprinkel; en die res van die bloed moet aan die onderkant van die altaar uitgedraai word; dit is 'n sondoffer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy sal dan van die bloed van die sonde-offer teen die kante van die altaar sprinkel. Die res sal teen die fondament van die altaar uitgedruk word. Dit dien as ’n sonde-offer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan moet hy van die bloed van die sondoffer teen die kant van die altaar sprinkel; maar wat oorbly van die bloed, moet aan die onderkant van die altaar uitgedruk word; dit is 'n sondoffer. |
| Afrikaans 1983 | Hy sprinkel van die bloed van die sondeoffer teen die kante van die altaar, en die bloed wat oorbly, druk hy teen die fondament van die altaar uit. Dit is die sondeoffer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy moet van die bloed van die reinigingsoffer teen die sykant van die altaar sprinkel en die bloed wat oorbly teen die basis van die altaar uitdruk. Dit is 'n reinigingsoffer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan moet hy 'n bietjie van die duif se bloed teen die kante van die altaar spat en hy moet die bloed wat oorbly, uitdruk teen die onderkant van die altaar. Dit is die sonde-offer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die dienaar spat van die bloed van die duif teen die kant van die offerplek. Die bloed wat oor is, druk hy teen die voet van die altaar uit. Dit is dan ’n offer vir die sonde wat die persoon gedoen het. |