Leviticus 5:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy moet dit na die priester bring, wat eers die sondoffer moet berei en sy kop van sy nek afdraai, maar dit nie uitmekaar moet skei nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy moet dit na die priester toe bring wat dan een as ’n sonde-offer sal offer. Die priester sal die voël se nek omdraai, maar sonder om die kop te verwyder. |
| Afrikaans 1933/1953 | en hy moet hulle na die priester bring, wat die een eerste moet offer wat as sondoffer bedoel is, en sy kop vlak voor sy nek afknyp sonder om dit af te trek. |
| Afrikaans 1983 | Hy bring hulle na die priester toe, en die priester bied eers dié een aan wat as sondeoffer bedoel is. Die priester knyp die duif se nek teen die kop af, maar verwyder nie die kop nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy moet dit vir die priester neem, en die priester moet die een wat as reinigingsoffer bedoel is, eerste naderbring en sy kop aan die voorkant van die nek afknyp, maar hy mag dit nie aftrek nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy moet die duiwe na die priester toe bring, en die priester moet eerste die duif offer wat 'n sonde-offer moet wees. Die priester moet die duif se nek omdraai, maar hy moenie die kop aftrek nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy moet die twee duiwe vir die dienaar by die tent bring. Die dienaar offer die een wat vir die sonde is eerste. Hy draai sy nek om en knyp sy kop agter die nek af. Hy mag dit egter nie afskeur nie. |