Leviticus 5:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as hy nie 'n lam kan bring nie, moet hy vir sy oortreding wat hy begaan het, twee tortelduiwe of twee jong duiwe na die HERE bring; die een as sondoffer en die ander as brandoffer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As iemand dit nie kan bekostig om ’n skaap te bring nie, moet hy twee jong tortelduiwe as boete vir sy sonde vir die Here bring. Een van die voëls sal ’n sonde-offer wees en die ander een sal ’n brandoffer wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as hy nie 'n stuk kleinvee kan bekostig nie, moet hy as boete vir wat hy gesondig het, twee tortelduiwe of twee jong duiwe aan die HERE bring, een as sondoffer en een as brandoffer; |
| Afrikaans 1983 | “As 'n stuk kleinvee bo die vermoë van die persoon is, bring hy as skuldoffer vir sy sonde twee tortelduiwe of twee ander duiwe vir die Here, een as sondeoffer en een as brandoffer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar as hy nie 'n stuk kleinvee kan bekostig nie, moet hy as boetedoening vir sy sonde twee tortelduiwe of twee jong duiwe vir die Here bring, een as reinigingsoffer en een as •brandoffer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As die persoon nie 'n skaap of 'n bok het nie, dan kan hy twee tortelduiwe of twee ander duiwe bring om 'n skuld-offer vir sy sonde te wees, een duif is om 'n sonde-offer te wees en een duif is om 'n brand-offer te wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “As iemand nie een van hierdie diere kan bekostig nie, mag hy twee tortelduiwe of twee jong duiwe vir die Here bring om vir sy skuld te betaal. Die een duif betaal vir sy sonde. Die ander een is ’n offer wat vir die Here verbrand word. |