Leviticus 5:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy moet sy skuldoffer aan die HERE bring vir sy sonde wat hy gesondig het, 'n ooi uit die kleinvee, 'n lam of 'n bokkie as sondoffer; en die priester moet vir hom versoening doen vir sy sonde.
Afrikaans (NLV) 2011 So iemand moet dan ’n skaap of ’n bokooi as ’n skuldoffer vir die Here bring. Vir so ’n persoon sal die priester versoening doen vir die sonde.
Afrikaans 1933/1953 en as boete vir die sonde wat hy gedoen het, aan die HERE 'n ooi bring van die kleinvee, 'n skaaplam of 'n bok, as sondoffer. En die priester moet vir hom versoening doen weens sy sonde.
Afrikaans 1983 en bring hy vir die Here 'n skuldoffer oor die sonde wat hy gedoen het. Dit kan 'n skaapooi of 'n bokooi wees wat hy as sondeoffer bring. Die priester doen versoening vir die persoon oor sy sonde.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ Hy moet dan as boetedoening vir die Here 'n ooi uit die kleinvee bring, 'n skaap of 'n bok as •reinigingsoffer vir die sonde wat hy gedoen het. Die priester sal vir hom versoening doen vir sy sonde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en hy moet vir die Here 'n skuld-offer bring vir die sonde wat hy gedoen het. Dit moet 'n ooi wees, 'n skaap-ooi of 'n bok-ooi om 'n sonde-offer te wees. Die priester moet vir die persoon versoening doen vir sy sonde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vir die oortreding wat hy begaan het, moet hy vir die Here iets bring om vir sy skuld te betaal. Vir sy sonde moet hy met ’n ooi uit sy kudde betaal, of met skape of met bokke. Die dienaar by die tent van ontmoeting sal met die dier vir sy sonde betaal en vir hom vergifnis vir sy sonde bring.