Leviticus 5:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Of as 'n siel sweer en met sy lippe uitspreek om kwaad te doen of om goed te doen, wat 'n mens ook al met 'n eed uitspreek, en dit word vir hom verborge; as hy daarvan weet, dan sal hy skuldig wees aan een hiervan.
Afrikaans (NLV) 2011 “As iemand oorhaastig ’n eed van enige soort aflê, of dit nou vir ’n goeie of slegte doel is, sal hy as skuldig gereken word, selfs al was hy nie ten volle bewus van wat hy besig was om te doen nie.
Afrikaans 1933/1953 of as iemand sweer terwyl hy onverskillig met die lippe praat om kwaad of goed te doen volgens alles wat 'n mens met 'n eed onverskillig kan praat en dit vir hom verborge was, maar hy dit te wete gekom het en skuldig is aan een van hierdie dinge;
Afrikaans 1983 of iemand lê 'n onbesonne eed af, ten goede of ten kwade, hoe 'n mens ook al onbesonne dinge kan sê in 'n eed, en hy is nie bewus dat dit onbesonne is nie, is hy skuldig. In enige van hierdie gevalle is hy skuldig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) of “ ‘wanneer iemand 'n onbesonne eed aflê om daardeur kwaad of goed te doen, enigiets waaroor 'n mens 'n onbesonne eed kan aflê, terwyl hy onbewus daarvan is, maar dit agterkom, en daarom aan een van hierdie dinge skuldig is;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Of iemand dink miskien nie goed wat hy sê nie en hy belowe iets en hy sê die Here is die getuie. Hy belowe iets wat goed is of iets wat sleg is, mense doen dit partymaal wanneer hulle nie goed dink nie. Die persoon weet nie dat hy verkeerd gedoen het nie, maar wanneer hy later besef wat hy gedoen het, dan is hy skuldig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Iemand is voor op die wa en hy sweer sommer dat hy iets gaan doen, of dit nou is om kwaad of goed te doen. Vir elke ding wat die mens met ’n eed gesweer het om te doen sonder dat hy eers daaroor nagedink het, sal hy skuldig wees, of hy mooi geweet het wat hy doen of nie.