Leviticus 5:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Of as hy aan die onreinheid van 'n mens raak, watter onreinheid ook al mag wees waarmee 'n mens verontreinig en vir hom verberg word; as hy daarvan weet, dan sal hy skuldig wees.
Afrikaans (NLV) 2011 “As iemand in kontak kom met enige bron van menslike onreinheid, selfs al weet hy nie dat hy onrein gemaak is nie, sal hy as skuldig gereken word sodra hy daarvan bewus word.
Afrikaans 1933/1953 of as hy iets onreins van 'n mens aanraak volgens al die onreinheid waardeur hy hom kan verontreinig en dit vir hom verborge was, maar hy dit te wete gekom het en skuldig is;
Afrikaans 1983 of iemand raak aan iets onreins van 'n mens, iets wat hom onrein maak, en hy is nie bewus daarvan nie, is hy skuldig;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) of “ ‘wanneer hy aan menslike onreinheid raak, enigiets onreins van mense waardeur hy verontreinig kan word, terwyl hy onbewus daarvan is, maar dit agterkom en daarom skuldig is;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Of iemand raak miskien aan iets wat onrein is, en wat van 'n mens kom. Hy raak aan enige iets wat hom onrein laat word, maar hy weet dit nie. Dan is hy skuldig wanneer hy dit later besef.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As iemand raak aan iets van ’n mens wat verbode is, aan enigiets wat homself verkeerd maak, of hy dit nou geweet het of nie, kan hy gestraf word.