Leviticus 5:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Of as 'n siel aan iets onreins raak, of dit 'n lyk van 'n onrein dier is, of 'n lyk van onrein vee of die lyk van onrein kruipende diere, en as dit vir hom verborge is; hy sal ook onrein en skuldig wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As iemand aan iets raak wat onrein is, soos die karkas van ’n dier wat onrein is, of dit nou ’n wilde of mak dier is of selfs iets wat op die grond kruip, is so iemand onrein en skuldig, selfs al is hy nie bewus van sy onreinheid nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | of as iemand enigiets aanraak wat onrein is die aas van 'n onrein wilde dier of die aas van onrein vee of die aas van onrein gedierte wat rondkruip en dit vir hom verborge was, maar hy onrein geword het en skuldig is; |
| Afrikaans 1983 | “Iemand raak dalk aan iets onreins, aan die onrein dooie liggaam van 'n wilde dier of 'n mak dier of 'n insek, en hy is nie bewus daarvan nie; dan is hy onrein en is hy skuldig; |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | of “ ‘wanneer iemand aan enigiets wat •onrein is, raak – of dit nou die karkas van 'n onrein wilde dier, of die karkas van 'n onrein mak dier, of die dooie liggaam van 'n onrein kruipende diertjie is – en hy, al is hy onbewus daarvan, daarom onrein en skuldig is; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Of iemand raak miskien aan 'n onrein ding, maar hy weet dit nie, of hy raak aan 'n dooie, onrein, wilde dier of aan 'n mak, dooie dier of 'n klein diertjie. As hy dit doen, dan het hy onrein geword, en hy is skuldig. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As iemand aan iets raak wat nie reg is nie, word hy self ook iemand wat nie reg is nie. ’n Wilde dier wat dood is, of vee wat gevrek het of enige dier wat as vuil beskou word, is nie reg nie. Selfs al het hy nie geweet dat die dooie dier verkeerd is nie, is hy skuldig aan ’n oortreding. |