Leviticus 5:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy moet 'n ram sonder gebrek uit die kleinvee, volgens jou skatting, as skuldoffer na die priester bring; en die priester moet vir hom versoening doen vanweë sy onkunde waarin hy fouteer en dit nie geweet het nie, en dit sal wees hom vergewe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | moet hy vir die priester ’n ram uit die trop bring as ’n skuldoffer. Dit moet ’n dier sonder enige liggaamsgebrek wees, volgens die vasgestelde waarde. Op dié manier sal die priester vir die skuldiges versoening bewerk en sal hulle vergewe word. |
| Afrikaans 1933/1953 | dan moet hy van die kleinvee, na jou skatting, 'n ram sonder gebrek as skuldoffer na die priester bring; en die priester moet vir hom versoening doen vir die misdryf wat hy sonder opset, onbewus begaan het; en dit sal hom vergewe word. |
| Afrikaans 1983 | Hy bring as skuldoffer 'n ram sonder liggaamsgebrek uit die kleinveetrop na die priester toe, volgens die vasgestelde waarde, en die priester doen vir die persoon versoening vir die onopsetlike sonde wat hy gedoen het en waarvan hy nie bewus was nie, en sy sonde word hom vergewe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy moet uit die kleinvee 'n ram sonder gebrek met die loskoopwaarde van 'n hersteloffer vir die priester neem. Die priester sal vir hom versoening doen vir die fout wat hy onopsetlik en sonder om dit te besef, gemaak het, en hy sal vergewe word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy moet 'n gesonde skaap-ram na die priester toe bring om 'n skuld-offer te wees. Jy moet sê hoe groot die ram moet wees. Die priester moet dan versoening doen vir die sonde wat die persoon gedoen het. Hy het nie geweet dat hy die sonde doen nie maar hy het dit gedoen. Die Here sal hom vergewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy bring ’n ram sonder enige foute na die dienaar by die tent toe. Dit moet net soveel werd wees as die oortreding wat hy begaan het. Die dienaar gebruik dit om te betaal vir die fout wat hy gemaak het waarvan hy nie bewus was nie. Hy word dan van sy oortreding vrygespreek. |