Leviticus 5:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as 'n siel sondig en enige van hierdie dinge doen wat deur die gebooie van die HERE verbied word; al het hy dit nie geweet nie, tog is hy skuldig en sal sy ongeregtigheid dra.
Afrikaans (NLV) 2011 “As enigiemand sondig deur iets te doen wat die Here verbied het, selfs al is dit onopsetlik gedoen, sal hy verantwoordelik gehou word. Wanneer so iemand bewus word van sy skuld,
Afrikaans 1933/1953 En as iemand sondig en onbewus enigiets doen wat die HERE verbied het, en skuldig word en sy ongeregtigheid moet dra,
Afrikaans 1983 “As iemand sondig en teen een van die gebooie van die Here oortree, is hy skuldig al was hy nie bewus daarvan nie. Sy skuld rus op hom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ As iemand, wanneer hy sondig deur onwetend te doen wat een van die gebooie van die Here sê nié gedoen mag word nie, skuldig is, moet hy sy skuld dra.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Iemand weet miskien nie dat hy sonde doen omdat hy ongehoorsaam is aan een van die gebooie nie. As hy ongehoorsaam is, dan is hy skuldig en dan moet hy betaal.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “As iemand nalatig is en iets doen wat die Here verbied het, is hy skuldig. Hy word daarvoor verantwoordelik gehou.