Leviticus 5:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy moet die skade wat hy in die heiligdom gedoen het, regmaak en die vyfde deel daarby voeg en dit aan die priester gee; en die priester moet vir hom versoening doen met die skuldofferram en dit sal hom vergewe word.
Afrikaans (NLV) 2011 Watter heilige ding hy ook al verontreinig het, moet hy regstel deur vir die verlies te betaal, plus ’n ekstra heffing van twintig persent. Met hierdie betaling aan die priester sal hy met die ram wat as skuldoffer geoffer is, versoening bewerk en sal hy vergewe word.
Afrikaans 1933/1953 En hy moet vir wat hy ten opsigte van die heilige gawes gesondig het, vergoeding gee en nog die vyfde deel daarvan byvoeg en dit aan die priester gee; en die priester moet vir hom versoening doen deur die skuldofferram, en dit sal hom vergewe word.
Afrikaans 1983 As die waarde te min is, betaal die persoon in wat hy nog aan die heiligdom verskuldig is, en voeg nog een vyfde by en gee dit aan die priester. Die priester doen vir die persoon versoening met die ram as skuldoffer, en sy sonde word hom vergewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vir die sonde wat hy teen die heiligdom gedoen het, moet hy vergoeding betaal, 'n vyfde van die waarde byvoeg en dit vir die priester gee. Met die ram van die hersteloffer sal die priester vir hom versoening doen en hy sal vergewe word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die persoon moet dan die geld betaal vir die sonde wat hy gedoen het teen die gewyde dinge. Hy moet ook nog een vyfde bysit en hy moet dit vir die priester gee. Die priester moet dan vir die persoon versoening doen met die ram wat 'n skuld-offer is, en die Here sal die persoon se sonde vergewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy moet vergoed vir die skade wat hy die Here se blyplek laat ly het. Hy moet een vyfde meer betaal as die verlies wat hy veroorsaak het. Hy moet die geld vir die dienaar by die tent kom gee. Die dienaar herstel die skade wat hy gemaak het met die skaapram wat vir sy oortreding geslag word. Sy oortreding word dan vergewe.