Leviticus 5:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As 'n siel 'n oortreding pleeg en uit onkunde sondig in die heilige dinge van die HERE; dan moet hy as skuldoffer vir die HERE 'n ram sonder gebrek uit die kleinvee bring, volgens jou skatting in sikkels silwer, volgens die sikkel van die heiligdom, as skuldoffer.
Afrikaans (NLV) 2011 “As enigiemand onopsetlik sondig deur die heilige eiendom van die Here te verontreinig, moet hy ’n ram uit sy kleinveetrop as skuldoffer vir die Here bring. Die dier moet sonder enige liggaamsgebrek wees. Die waarde moet in silwer bereken word ooreenkomstig die standaard gewig by die heiligdom.
Afrikaans 1933/1953 As iemand in iets ontrou handel en in swakheid sondig met betrekking tot een van die heilige gawes van die HERE, moet hy as boete aan die HERE bring 'n ram sonder gebrek van die kleinvee, na jou skatting van die waarde in sikkels silwer, volgens die sikkel van die heiligdom, as 'n skuldoffer.
Afrikaans 1983 “Wanneer iemand sonder opset troueloos handel en teen die heilige dinge van die Here sondig, bring hy vir die Here as skuldoffer 'n ram sonder liggaamsgebrek uit die kleinveetrop. Die waarde van die ram as skuldoffer word in silwer bereken volgens die standaardgewig van die heiligdom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Wanneer iemand reëls oortree en onopsetlik sondig teen iets wat aan die Here gewy is, moet hy 'n •hersteloffer vir die Here bring: 'n ram sonder gebrek uit die kleinvee, waarvan die loskoopwaarde, bereken in sikkel silwer volgens die standaardgewig van die heiligdom, genoeg is vir 'n hersteloffer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Iemand wou miskien nie verkeerd doen nie, maar hy het verkeerd gedoen met die gewyde dinge van die Here. Dan moet hy 'n gesonde skaap-ram vir die Here gee om 'n skuld-offer te wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Iemand is miskien nie getrou aan God nie. Deur sy agtelosigheid respekteer hy nie die dinge wat vir die Here belangrik is nie. Hy moet dan iets vir die Here bring om sy oortreding weer goed te maak. Die dier wat hy bring om sy skuld goed te maak moet ’n skaapram uit sy veetrop wees wat geen foute het nie. Die waarde daarvan moet deur die dienaar by die tent bepaal word.