Leviticus 5:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die priester moet vir hom versoening doen met betrekking tot sy sonde wat hy in een hiervan gesondig het, en dit sal hom vergewe word; en die oorblyfsel moet aan die priester as spysoffer behoort.
Afrikaans (NLV) 2011 Op hierdie manier sal die priester vir die skuldiges versoening bewerk en sal hulle vergewe word. Wat oorbly van die meel behoort aan die priester, net soos in geval van die graanoffer.”
Afrikaans 1933/1953 So moet die priester dan vir hom versoening doen vir die sonde wat hy gedoen het in enigeen van hierdie gevalle, en dit sal hom vergewe word; verder behoort dit aan die priester net soos die spysoffer.
Afrikaans 1983 So doen die priester vir die persoon versoening vir die sonde wat hy gedoen het in enige van die genoemde gevalle, en so word sy sonde vergewe. Soos by die graanoffer, kom die meel wat oorbly die priester toe.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So sal die priester vir hom versoening doen vir enige van hierdie sondes wat hy gedoen het en sal hy vergewe word. Soos met die •graanoffer, kom die res van die offer die priester toe.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) So doen die priester versoening vir die persoon se sonde, en die Here sal hom vergewe. Die priester mag die meel kry wat oorgebly het, soos by die koring-offer.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op hierdie manier bring die dienaar ’n offer vir enige van die oortredings wat hierbo genoem is wat die persoon begaan het. Die persoon word vir sy oortreding vergewe. Met die meel wat oor is, maak die dienaar net soos met dié wat oor was by die offer wat gebring is om saam met die Here te eet.”