Leviticus 5:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan moet hy dit na die priester bring, en die priester moet sy handvol daarvan neem, 'n gedenkoffer daarvan, en dit op die altaar aan die brand steek volgens die vuuroffers aan die HERE: 'n sondoffer is dit.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy moet die meel na die priester toe vat en die priester sal dan ’n hand vol daarvan as verteenwoordiging van die geheel skep. Dan sal hy die meel op die altaar verbrand net soos enige ander vuuroffer wat vir die Here gegee word. Dit sal sy sonde-offer wees.
Afrikaans 1933/1953 En hy moet dit na die priester bring, en die priester moet daar 'n handvol van neem as die gedenkoffer en dit op die altaar oor die vuuroffers van die HERE aan die brand steek; dit is 'n sondoffer.
Afrikaans 1983 Hy neem die meel na die priester toe, en die priester vat 'n handvol daarvan as simbool vir die hele offer en verbrand dit op die altaar by die vuuroffer vir die Here. Dit is die sondeoffer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy moet dit na die priester bring en die priester moet 'n hand vol daarvan neem as simboliese offer en dit op die altaar verbrand, saam met ander offergawes vir die Here. Dit is 'n reinigingsoffer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy moet die meel vir die priester bring. Die priester moet 'n handvol van die meel neem en hy moet dit verbrand op die altaar, saam met die vuur-offer vir die Here. Die handvol meel is die teken van die hele offer. Dit is 'n sonde-offer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy bring die meel na die dienaar by die tent van ontmoeting. Die amptenaar sal dan ’n hand vol daarvan vat vir die deel wat verbrand moet word en dit op die altaar verbrand saam met die diere wat vir die Here in die vuur verbrand word. Dit sal die offer vir sy sonde wees.