Leviticus 5:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as hy nie twee tortelduiwe of twee jong duiwe kan bring nie, moet hy wat gesondig het, as sy offer 'n tiende van 'n efa fynmeel as sondoffer bring; hy mag geen olie daarop gooi nie en geen wierook daarop gooi nie, want dit is 'n sondoffer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As iemand dit nie kan bekostig om twee tortelduiwe te bring nie, moet hy of sy twee kilogram meel as ’n sonde-offer bring. Omdat dit ’n sonde-offer is, mag hy dit nie met olyfolie meng of wierook daarop sit nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as hy nie twee tortelduiwe of twee jong duiwe kan bekostig nie, moet hy as offer vir wat hy gesondig het, die tiende van 'n efa fynmeel as sondoffer bring. Hy moet geen olie daarop gooi en geen wierook daar byvoeg nie, want dit is 'n sondoffer. |
| Afrikaans 1983 | “As twee tortelduiwe of twee ander duiwe bo die persoon se vermoë is, bring hy as offer vir sy sonde twee kilogram meel as sondeoffer. Hy gooi nie olie daarop nie en sit nie wierook bo-op nie, want dit is 'n sondeoffer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar as hy nie twee tortelduiwe of twee jong duiwe kan bekostig nie, moet hy as offer vir sy sonde 'n tiende van 'n efa gesifte meel as reinigingsoffer bring. Hy mag egter nie olyfolie daaroor gooi en wierook daarop neersit nie, omdat dit 'n reinigingsoffer is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As die persoon nie duiwe kan koop nie, dan moet hy een tiende van 'n efa van die beste meel bring om 'n sonde-offer te wees vir die sonde wat hy gedoen het. Hy moenie olie op die meel gooi nie en hy moenie wierook bo-op sit nie, want dit is 'n sonde-offer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Indien ’n persoon nie genoeg geld het vir twee tortelduiwe of twee jong duiwe nie, kan die persoon wat oortree het, twee kilogram fynmeel vir sy sonde bring. Omdat dit ’n offer vir sy sonde is, mag hy nie olyfolie of geurige wierook daaroor sit nie. |