Leviticus 5:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy moet die tweede as brandoffer berei volgens die voorskrif; en die priester moet vir hom versoening doen vir sy sonde wat hy gedoen het, en dit sal hom vergewe word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die priester sal die ander voël as ’n brandoffer volgens die voorgeskrewe prosedures offer. Op hierdie wyse sal die priester vir die skuldiges versoening bewerk en sal hulle vergewe word. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die ander een moet hy as brandoffer volgens voorskrif berei. So moet die priester dan vir hom versoening doen weens die sonde wat hy gedoen het, en dit sal hom vergewe word. |
| Afrikaans 1983 | Die tweede duif word as brandoffer gebring op die voorgeskrewe wyse. So doen die priester vir die persoon versoening vir die sonde wat hy gedoen het, en word sy sonde vergewe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die tweede duif moet hy, soos voorgeskryf word, as 'n brandoffer hanteer. Die priester sal vir hom versoening doen vir die sonde wat hy gedoen het en hy sal vergewe word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priester moet die tweede duif offer soos hy altyd 'n brand-offer offer. Die priester doen so versoening vir die persoon, en die Here sal sy sonde vergewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die tweede duif verbrand hy volgens die voorskrifte wat vir hom gegee is. So bring die dienaar by die tent vir die man vrystelling van die oortreding wat hy begaan het. God vergewe hom. |