Leviticus 5:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as 'n siel sondig en die stem van vloek hoor en 'n getuie is, of hy dit gesien het of daarvan geweet het; as hy dit nie uitspreek nie, moet hy sy ongeregtigheid dra.
Afrikaans (NLV) 2011 “As iemand geroep word om te getuig oor iets wat hy gehoor of gesien het en hy doen dit nie, sal hy daarvoor verantwoordelik gehou word. So ’n persoon mag ook gestraf word.
Afrikaans 1933/1953 En as iemand sondig dat hy die luid uitgesproke beswering hoor, terwyl hy getuie was, dit gesien het of daarvan weet as hy naamlik dit nie te kenne gee nie en so sy ongeregtigheid moet dra;
Afrikaans 1983 “Wanneer iemand hoor of te wete kom dat 'n vervloeking uitgespreek is en hy verswyg dit, sondig hy. Hy was 'n getuie daarvan, en daarom rus daar skuld op hom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ Wanneer iemand sondig omdat hy gehoor het 'n openbare vervloeking is uitgespreek teen getuies wat swyg oor 'n misdaad waaroor hy kan getuig omdat hy dit gesien het of daarvan weet, maar hy verswyg dit, en daarom skuld dra;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir Moses gesê: “'n Persoon het miskien gesien dat iemand iets verkeerd doen of hy weet miskien daarvan. Of hy het miskien gehoor dat iemand 'n ander persoon vervloek. Hy kan 'n getuie wees, maar hy wil nie vertel wat gebeur het nie. Dan het daardie persoon sonde gedoen, hy is skuldig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “As iemand gehoor het hoe iemand anders vloek en hy bly stil daaroor, het hy ’n fout gemaak. Hy moet vir sy skuld betaal.