Leviticus 4:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die priester moet van die bloed aan die horings van die reukwerk van speserye stryk voor die aangesig van die HERE wat in die tent van samekoms is; en al die bloed van die bul moet uitgiet op die onderkant van die brandofferaltaar wat by die ingang van die tent van samekoms is.
Afrikaans (NLV) 2011 Die priester sal dan van die bloed op die horings van die wierookaltaar in die teenwoordigheid van die Here in die tent van ontmoeting smeer. Die res van die bul se bloed moet teen die onderkant van die brandofferaltaar by die ingang van die tent van ontmoeting uitgegooi word.
Afrikaans 1933/1953 Ook moet die priester van die bloed stryk aan die horings van die altaar van die reukwerk van speserye, wat in die tent van samekoms is, voor die aangesig van die HERE; en hy moet al die orige bloed van die bul uitgiet aan die onderkant van die brandofferaltaar wat by die ingang van die tent van samekoms is;
Afrikaans 1983 Hy smeer ook van die bloed aan die horings van die wierookaltaar in die teenwoordigheid van die Here in die tent van ontmoeting. Die res van die bul se bloed gooi hy alles uit teen die fondament van die brandofferaltaar by die ingang van die tent van ontmoeting.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die priester moet ook van die bloed smeer aan die horings van die altaar vir die geurige reukwerk wat in die Tent van Ontmoeting voor die Here staan. Die res van die bul se bloed moet hy uitgooi teen die basis van die brandofferaltaar wat by die ingang van die Tent van Ontmoeting staan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna moet hy 'n bietjie van die bloed smeer aan die horings van die wierook-altaar, daar voor die Here in die tent, en dan moet hy al die bloed wat oorbly, uitgooi teen die onderkant van die brandoffer-altaar voor die tent.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy smeer ook van die bloed aan die horings aan die punte van die altaar waarop die wierook gebrand word daar in die tent van ontmoeting. Die res van die bul se bloed gooi hy uit teen die onderkant van die ander altaar by die ingang van die tent van ontmoeting.