Leviticus 4:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die priester moet sy vinger in die bloed steek en van die bloed sewe maal sprinkel voor die aangesig van die HERE, voor die voorhangsel van die heiligdom.
Afrikaans (NLV) 2011 sy vinger in die bloed steek en dit sewe keer in die teenwoordigheid van die Here teen die gordyn van die Allerheiligste sprinkel.
Afrikaans 1933/1953 en die priester moet sy vinger in die bloed steek en van die bloed sewe maal sprinkel voor die aangesig van die HERE, voor die voorhangsel van die heiligdom.
Afrikaans 1983 steek sy vinger in die bloed en sprinkel van die bloed sewe maal in die teenwoordigheid van die Here op die voorkant van die voorhangsel in die heiligdom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die priester moet sy vinger in die bloed doop en van die bloed sewe maal voor die Here sprinkel aan die voorkant van die voorhangsel van die heiligdom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan moet hy sy vinger in die bloed steek en hy moet die bloed sewe maal voor die gordyn van die gewyde plek spat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar doop hy sy vinger in die bloed en sprinkel daarvan sewe keer in die teenwoordigheid van die Here op die grond voor die gordyn wat die Here se deel van die res van die tent afskort.