Leviticus 4:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê en dit as sondoffer slag op die plek waar hulle die brandoffer slag.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy moet sy hand op die kop van die sonde-offer lê en dit slag op die plek waar die brandoffers geslag word.
Afrikaans 1933/1953 en hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê en dit as sondoffer slag op die plek waar hulle die brandoffer slag.
Afrikaans 1983 Hy sit sy hand op die offerdier se kop en slag dit as 'n sondeoffer op die plek waar die diere vir die brandoffer geslag word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy moet sy hand op die reinigingsoffer se kop lê en dit as 'n reinigingsoffer keelaf sny op die plek waar die brandoffer keelaf gesny word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy moet sy hand op die ooi se kop sit en hy moet haar slag op dieselfde plek waar hulle die brandoffer-dier slag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy sit sy hand op haar kop en slag die dier vir sy sonde op dieselfde plek waar die offer geslag word wat in die vuur verbrand word.