Leviticus 4:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy moet al die vet daarvan wegneem soos die vet van die dankoffer weggeneem word; en die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as 'n lieflike geur vir die HERE; en die priester moet vir hom versoening doen, en dit sal hom vergewe word.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sal die vet van die bok verwyder, net soos wat met die maaltydoffer gemaak word. Dan sal hy die vet op die altaar verbrand en dit sal vir die Here aangenaam wees. So sal die priester vir hulle versoening doen en hulle sal vergewe word.
Afrikaans 1933/1953 en al die vet moet hy wegneem soos die vet van die dankoffer af weggeneem is, en die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as lieflike geur vir die HERE. So moet die priester dan vir hom versoening doen, en dit sal hom vergewe word.
Afrikaans 1983 Al die vet word verwyder soos in die geval van die maaltydoffer, en die priester verbrand dit op die altaar. Die offer word deur die Here aanvaar. So doen die priester versoening vir die burger en word sy sonde vergewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al die vet moet hy verwyder, soos hy die vet van die maaltydoffer verwyder. Die priester moet dit op die altaar verbrand as 'n geurige offer vir die Here. So sal die priester vir die persoon versoening doen en sal hy vergewe word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan moet hy al die vet uithaal wat in die ooi is, soos hy die vet van die dier uithaal wat die ete-offer moet wees, en hy moet dit op die altaar verbrand. Dit ruik lekker vir die Here. Die priester doen so versoening vir die persoon, en die Here sal hom vergewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die man verwyder self al die vet van die bok net soos die vet van die dier wat gebring is om saam met die Here te eet. Die dienaar verbrand dit op die altaar sodat dit vir die Here lekker kan ruik. Op hierdie manier vergewe die Here die man vir wat hy verkeerd gedoen het. Daar is weer vrede tussen hom en die Here.