Leviticus 4:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die priester moet van die bloed daarvan met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar smeer en al die bloed daarvan aan die onderkant van die altaar uitgiet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die priester sal dan sy vinger in die bloed steek en dit aan die horings van die brandofferaltaar smeer en die res van die bloed teen die onderkant van die altaar uitgooi. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan moet die priester van haar bloed met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk; maar al die orige bloed moet hy aan die onderkant van die altaar uitgiet; |
| Afrikaans 1983 | Die priester vat dan met sy vinger van die bloed en smeer dit aan die horings van die brandofferaltaar. Die res van die bloed gooi hy alles teen die fondament van die altaar uit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die priester moet van die bloed neem en dit met sy vinger aan die horings van die brandofferaltaar smeer en die res van die bloed teen die basis van die altaar uitgooi. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priester moet dan van die ooi se bloed op sy vinger neem en hy moet dit aan die horings van die brandoffer-altaar smeer. Hy moet al die bloed wat oorbly, uitgooi teen die onderkant van die altaar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die amptenaar wat diens doen by die tent vat van die bloed van die ooi en smeer daarvan met sy vinger aan die horings van die altaar waarop die diere verbrand word. Wat van die bloed oorbly, gooi hy uit teen die onderkant van die altaar. |