Leviticus 4:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As die priester wat gesalf is, sondig volgens die sonde van die volk; laat hom dan vir sy sonde wat hy gesondig het, 'n jong bul sonder gebrek aan die HERE as sondoffer bring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As die hoëpriester sondig en so die hele volk skuldig maak, moet hy ’n jong bul sonder liggaamsgebrek vir die Here bring. |
| Afrikaans 1933/1953 | as die gesalfde priester sondig, sodat die volk daardeur skuldig word, moet hy vir die sonde wat hy gedoen het, 'n jong bul sonder gebrek aan die HERE as sondoffer bring; |
| Afrikaans 1983 | “As die gesalfde priester sondig en so die volk skuldig maak, bied hy vir die sonde wat hy gedoen het, 'n bul sonder liggaamsgebrek as sondeoffer aan die Here aan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As die gesalfde priester sondig, sodat die volk skuldig is, moet hy vir die sonde wat hy gedoen het, 'n jong bul sonder gebrek vir die Here as •reinigingsoffer bring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Wanneer die gesalfde priester sonde gedoen het en hy het die volk skuldig laat word, dan moet hy 'n gesonde bul vir die Here gee. Dit is 'n sonde-offer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “As dit die hoof van die dienaars by die tent van ontmoeting is wat verkeerd gedoen het, maak hy dat die hele volk ook skuldig is aan die oortreding. Hy moet vir die fout wat hy gemaak het ’n jong bul sonder enige foute na die Here bring. Dit sal vir sy sonde betaal. |