Leviticus 4:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Of as sy sonde wat hy gesondig het, tot sy kennis kom, dan moet hy sy offer bring, 'n bokkie, 'n ooi sonder gebrek vir sy sonde wat hy gedoen het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As hulle bewus word van hulle sonde, moet hulle ’n bokooi sonder gebrek as ’n offer bring. Die bok sal dan vir hulle sonde geoffer word. |
| Afrikaans 1933/1953 | of as sy sonde wat hy gedoen het, aan hom bekend word, dan moet hy as sy offer bring 'n bok sonder gebrek, 'n ooi, vir die sonde wat hy gedoen het; |
| Afrikaans 1983 | en die sonde wat hy gedoen het, word onder sy aandag gebring, bring hy 'n bokooi sonder liggaamsgebrek as offer vir die sonde wat hy begaan het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As die sonde wat hy gedoen het aan hom bekend gemaak word, moet hy 'n bokooi sonder gebrek bring as offer vir die sonde wat hy gedoen het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer hy uitvind dat hy die sonde gedoen het, dan moet hy 'n gesonde bok-ooi gee om 'n offer te wees vir die sonde wat hy gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As iemand hom daarop wys, moet hy ’n bokooi sonder foute vat en dit vir die Here kom offer. Dit betaal vir die fout wat hy gemaak het. |