Leviticus 4:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as een van die gewone mense deur onkunde sondig, terwyl hy iets doen teen enige van die gebooie van die HERE aangaande dinge wat nie moet gedoen word nie, en skuldig is; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As enige burger van Israel iets doen wat deur die Here verbied word, is hy skuldig selfs al sondig hy onopsetlik. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as iemand van die volk van die land in swakheid sondig, omdat hy enigiets doen wat die HERE verbied het, en hy skuldig word; |
| Afrikaans 1983 | “As een van die burgers van die land sonder opset sondig en 'n misdaad teen die Here begaan deurdat hy 'n gebod van die Here oortree, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ As iemand uit die volk van die land onopsetlik sondig deur te doen wat een van die gebooie van die Here sê nié gedoen mag word nie, is hy skuldig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Miskien doen 'n gewone mens sonde, maar hy weet dit nie. Hy doen iets teen een van die gebooie van die Here en hy word skuldig. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wanneer een van die inwoners van die land nalatig was en iets gedoen het waarteen die wette van die Here hom gewaarsku het, is hy skuldig. |