Leviticus 4:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy moet al sy vet op die altaar aan die brand steek soos die vet van die dankoffer; en die priester moet vir hom versoening doen vir sy sonde, en dit sal hom vergewe word.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy moet al die vet van die bok op die altaar verbrand, net soos wat met die maaltydoffer gemaak word. Op dié manier sal die priester vir die sonde van die leier versoening doen en sal hy vergewe word.
Afrikaans 1933/1953 Hy moet ook al die vet op die altaar aan die brand steek soos die vet van die dankoffer. So moet die priester dan vir hom versoening doen weens sy sonde, en dit sal hom vergewe word.
Afrikaans 1983 Hy verbrand dan al die vet op die altaar soos in die geval van die vet van die maaltydoffer. So doen die priester versoening vir die gesagsdraer en word sy sonde vergewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al die vet moet hy, soos die vet van die maaltydoffer, op die altaar verbrand. So sal die priester vir die leier versoening doen vir sy sonde en sal hy vergewe word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan moet hy al die vet van die bok op die altaar verbrand, soos die vet van die ete-offer. Die priester doen so versoening vir die sonde van die leier, en die Here sal hom vergewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy verbrand dan al die vet van die bok op die altaar net soos die vet van die dier wat gebring is om saam met die Here te eet. Wanneer die dienaar so maak, bring hy vergewing vir die leier se sonde. Hy word dan vrygespreek van sy oortreding.