Leviticus 4:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die priester moet van die bloed van die sondoffer met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar smeer en sy bloed onder op die brandofferaltaar uitgiet.
Afrikaans (NLV) 2011 Die priester sal dan sy vinger in die bloed van die sonde-offer steek, dit aan die horings van die brandofferaltaar smeer en die res teen die onderkant van die altaar uitgooi.
Afrikaans 1933/1953 Dan moet die priester van die bloed van die sondoffer met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk; maar die orige bloed moet hy aan die onderkant van die brandofferaltaar uitgiet.
Afrikaans 1983 Die priester vat dan met sy vinger van die bloed en smeer dit aan die horings van die brandofferaltaar. Die res van die bloed gooi hy alles teen die fondament van die altaar uit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die priester moet van die bloed van die reinigingsoffer neem en dit met sy vinger aan die horings van die brandofferaltaar smeer en die res van die bloed teen die basis van die brandofferaltaar uitgooi.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priester moet dan van die sonde-offerbok se bloed op sy vinger neem en hy moet dit aan die horings van die brandoffer-altaar smeer. Hy moet die bloed wat oorbly, uitgooi teen die onderkant van die brandoffer-altaar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die persoon wat by die tent diens doen, vat van die bloed van die dier wat hy vir sy sonde kom offer het en smeer met sy vinger daarvan aan die horings van die altaar waarop die diere verbrand word. Die bloed wat oor is, gooi hy teen die voet van die altaar uit.